Die bekende en geliefde donkies, Griet, Meraai, Fiela en Fasie, wat by Worcester Museum by Kleinplasie te sien is, sal ook op Nasionale Museumdag gegroet kan word.Foto: Marijn van Twuyver

Credit: SYSTEM

Die Worcester Museum by Kleinplasie op die R60 (Robertsonpad) is reeds besig met groot planne ter voorbereiding vir vanjaar se Internasionale Museumdag en hoop om talle daar te verwelkom.

Elke jaar sedert 1977 word hierdie dag gehou om die belangrikheid van hierdie instellings te vier.

Die doel van Internasionale Museumdag is om bewustheid te kweek oor die feit dat museums ’n belangrike middel van kulturele uitruiling, verryking van kulture en ontwikkeling van wedersydse begrip en samewerking bied.

Dit word elke jaar op of rondom 18 Mei gevier. Oor die wêreld heen neem al hoe meer museums aan Internasionale Museumdag deel.

In 2019 het meer as 37 000 museums in ongeveer 158 lande aan die geleentheid deelgeneem.

Elke jaar het ook ’n spesifieke tema. Vanjaar se tema lui Museums –Volhoubaarheid en Welstand, en word op Donderdag 18 Mei gevier.

Die Worcester Museum by Kleinplasie sal verskeie tradisionele museumaktiwiteite aan besoekers bied en die bekende donkies wat danksy Standard nou name het, kan ook gegroet word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article