Jan Jacobus Slinger se familie soek al sedert Oktober na hom.
“Hy en sy vrou woon in Prince Albert. Hy is laas op 11 Oktober gesien. Hy het demensie en raak baie deurmekaar. Sy vrou het laat weet hy het heeltyd gepraat van terug na sy ma toe in Clanwilliam. Sy het hom probeer keer en verduidelik dat sy ma oorlede is, maar hy het steeds geloop. Later dieselfde dag het iemand gesien hy klim in ’n rooi voertuig met ’n CW-registrasie,” sê Slinger se suster, Louisa Swartz.
Sy vra dat enigeen met kennis oor waar haar broer homself bevind, haar laat weet.
“Ons is rasend van bekommernis. Sy kinders is siek van bekommernis. Dit raak ons almal bitter baie. Ons familie weet nie meer wat om te maak nie. Ons bid net vir sy veiligheid en sal dit baie waardeer as iemand ons net kan laat weet waar hy is en of hy veilig is.”
. Kontak Louisa Swartz by 081 765 9268 indien jy enige kennis het van waar Jan Jacobus Slinger hom mag bevind.





