Lede van die Montagu-polisie het onlangs (op 16 en 22 Mei) ses vermeende koperdiewe in twee afsonderlike voorvalle vasgetrek. In die een voorval is ’n voertuig met ’n CBL-registrasie ná ’n jaagtog tot stilstand gedwing en die polisie het op sowat 90 meter koperkabel beslag gelê. Vier verdagtes is aangekeer. In die ander geval is ’n motor met ’n CBR-registrasie op die R62 voorgekeer en twee sakke met koperdraad is afgeneem. Twee verdagtes is in dié voorval in hegtenis geneem. Lede van die Montagu-polisie het onlangs ses vermeende koperdiewe in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem. Op die foto met die koperdraad op die voorgrond verskyn van links: sers. Goodwin, konst. Luthando, sers. Beukes, konst. Maasdorp, konst. May en konst. Kok.Foto: Norman Evertson


Vermeende koperdiewe vasgetrek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article