Die brande vanjaar is ’n voorsmaak van wat hierdie land se regering van ons land dink, glo ek. Hiervan is ek oortuig, want hoe gebeur dit als so reg voor die afloop van die registrasie en tydens die beloop van dié registrasie van kiesers van ons land?
Nou, hier kom die volgende feëverhaal . . . waarin ’n mens ’n uitdruklike boodskap van die departement van binnelandse sake kry om jou ID te gaan afhaal, en neem dan af by die werk om dit te kan gaan doen. Daar gekom hoor jy jy moet ’n afspraak maak – nadat jy gebel en gebel en gebel het, maar niemand antwoord nie.
Ons land sê ons moet kom stem, maar wil nie hê ons moet kan stem nie.
Jy kry ’n kaartjie en word gevra om aanlyn te gaan om die afspraak te maak.
Vir elke kiesier wat nie stem nie, is dit ’n stem vir die ANC, en word sekere mense die voorkeur gegee van ’n ekstra geldjie in die sak.
Wel, dis hoe ek voel. En ná vandag, toe ek nog 20 van home affairs af gesien wegloop het, dink ek nie ek is die enigste een wat voel hierdie is reeds ’n onregverdige verkiesing nie.





