– Volg van bladsy 1.
Sy sê die beskuldigde het haar kind toe meegedeel die maatjie is nie daar nie, maar dat sy in die huis moet inkom.
Volgens die ma het die beskuldigde glo die onderdeur toegemaak, die kind se broek afgetrek en haar na bewering seksueel aangerand.
Die ma sê toe die beweerde voorval plaasgevind het, het haar broerskind agter ’n bed in die huis weggekruip.
Volgens die ma het die kind aan die beskuldigde gesê hy moet dit nie doen nie. Die ma sê haar dogter het vir haarself aartappelskyfies gaan koop nadat die beskuldigde R5 in haar hand gestop het.
Volgens die ma het ’n maatjie van haar dogter haar ma vertel wat gebeur het waarna sy (die ma van die slagoffer) ingelig is.
Die hartseer ma sê sy het slapelose nagte nadat sy van die beweerde voorval verneem het.
Die saak teen die beskuldige is uitgestel tot 11 April. Hy bly in aanhouding.
. Intussen is borgtog Maandag (3 April) in die landdroshof in Worcester geweier aan die 43-jarige man wat na bewering sy 14-jarige stiefdogter vroeg in Maart in sy huis in Avianpark verkrag het. Die saak is uitgestel tot 5 Junie.
Die meisie se oupa het na afloop van die borgtog-verrigtinge aan Standard gesê hy is verlig en verheug oor die uitspraak. Volgens hom sal hy op sy gelukkigste wees as die beskuldigde gestraf word.
“Die saak beweeg nou in die regte rigting,” sê hy.
. Patric Solomon van die kinderbeskermings-organisasie Molo Songololo sê Suid-Afrika het een van die hoogste koerse van kinderverkragting en seksuele aanranding ter wêreld.
Hy sê geweld teen kinders is ’n kritieke menseregte- en openbare gesondheidskwessie. Volgens hom word daar dikwels gefokus op die slagoffers van seksuele misdrywe, terwyl daar ’n behoefte is aan meer navorsing met betrekking tot voorkoming en intervensie.
Solomon sê hoewel die meeste kinder-seksoortreders mans tussen 18 en 30 jaar oud is, is daar ’n aansienlike aantal oortreders in die 60-jaar en ouer ouderdomsgroep. Volgens hom is dit gewoonlik mans wat saam met hul slagoffers in dieselfde huis, op dieselfde erf of straat woon. Hy sê in sommige gevalle is hulle verwant aan die kinders.
Solomon sê seksoortreders in hierdie ouderdomsgroep word selde gerapporteer wanneer hul slagoffers familie is en is vervolging, vonnisse en tronkstraf is minimaal.
Volgens hom is daar ’n behoefte aan meer navorsing en om familielede aan te moedig om grootouers en ouer persone wat kinders verkrag en seksueel aanrand aan te meld.





