Mense stap in Stockenstromstraat in Worcester nadat die polisie Hoogstraat tussen Pep Stores en FNB gesluit het weens die bomdreigement by FNB.

Luciano du Toit

‘n Man (53) is vasgetrek na ‘n bomdreigement twee dae gelede by FNB in Hoogstraat, Worcester.

Op 27 Desember was Hoogstraat tussen die PEP-stores en die plaaslike FNB-tak verlate met net polisievoertuie wat te sien was.

Voor dit was Worcester in rep en roer nadat  ‘n man met ‘n swart hoed op ‘n teller by die bank gedreig het met ‘n bom en toe met ‘n onbekende bedrag geld gevlug het.

AO Vathiswa Jacobs, Worcester-polisie se woordvoerder, het bevestig dat polisie beeldmateriaal ontleed het en só die 53-jarige-verdagte opgespoor en Donderdag 28 Desember in hegtenis geneem het.

Verdere inligting oor dié rooftog is nog skraps en die polisie kan steeds nie onthul hoeveel geld gesteel is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article