Digte rook naby die ATKV-oord Goudini Spa by Worcester het veroorsaak dat die Slanghoekpad Woensdagmiddag deur die verkeersdepartement gesluit is. Foto: Rick Marais

Rick Marais

Digte rook naby die ATKV-oord Goudini Spa by Worcester het veroorsaak dat die Slanghoekpad Woensdagmiddag deur die verkeersdepartement gesluit is. Foto: Rick Marais

Die bekende ATKV-oord Goudini Spa by Worcester is Woensdagmiddag inderhaas ontruim weens veldbrande digby die oord. Digte rook kon vir kilometers ver gesien word.

Die brand het vroeër in die bergreeks agter die oord uitgebreek.

Die Slanghoekpad, wat vanaf Rawsonville na die oord lei, is deur lede van die verkeersdepartement vir verkeer gesluit. Twee busse vol skoolkinders het ook langs die pad gestaan en van die kinders het dit goed gedink om sommer voet te slaan huis toe. 

Nader aan die oord het die brandweer teen Woensdagmiddag nog die brand in die berge bestry.

Louise van Tonder, woordvoerder van die oord het bevestig dat die brand baie naby aan die oord is en dat hulle die oord ontruim het.

“Die oord is om veiligheidsredes ontruim,” het sy gesê.

Sewes Pretorius, stasiebevelvoerder by die brandweer, het bevestig dat al hul brandbestrydingsvoertuie op die toneel is.

Die publiek word aangeraai om die area te vermy.  

Talle plase loop die afgelope paar dae erg onder die brande in Rawsonville en Slanghoek deur. Een boer van Rawsonville wat sowat vier maande gelede deur die swartryp getref is, het ook ‘n gedeelte van sy oes Maandag in die brand verloor. Lees meer hieroor in môre se Worcester Standard. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article