Brandbestryders is tans besig om ’n brand in die Wiztenbergvallei te bestry. Foto: KWDM Brandweerdienste: Johan Botha

Credit: SYSTEM

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se branddienste is steeds besig om ’n veldbrand te bestry wat gister (Maandag 16 Januarie) net verby die Gydopas in die Witzenbergvallei ontstaan het.

Twee grondspanne is na die brand gestuur en het deurnag op die brandlyn gewerk. Die vuur het Dinsdagoggend (17 Januarie) steeds bo-op die berg gewoed, maar word deur die wind na ’n deel met baie plantegroei gedryf en dreig om na die aangrensende landbougrond te beweeg.

Lugondersteuning, Whiskey en Tango van Henley Air, is Dinsdagoggend geaktiveer, asook die Black Hawk en nog ’n Huey-helikopter van die provinsiale rampbestuursentrum.

’n Verdere twee gekontrakteerde grondspanne van NCC is sedertdien ontplooi om by die oornagspan aan te sluit. Die spanne word ondersteun deur ses brandbestrydingsvoertuie wat die algehele aantal personeellede op 62 te staan bring.

Oeswerk is op al die plase in die Witzenbergvallei aan die gang en alle pogings sal aangewend word om die landbougrond te beskerm.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article