Talle se tonge knoop behoorlik wanneer dit by die uitspreek van die pleknaam Worcester kom.
Die wêreld se moeilikste plekname om uit te spreek is onlangs ontleed deur soekdata te bestudeer.
Die dorpsnaam Worcester, veral in die inheemse Engelse taal waar hierdie stad hom oorspronklik bevind, het as een van die drie mees uitdagende plekname wêreldwyd na vore gekom.
Worcester deel dié eer met Edinburgh en Bicester in die Verenigde Koninkryk (VK).
Buiten die VK, pronk plekke soos Ibiza, Ljubljana en Reykjavik op die lys.
Worcester is besonder interessant aangesien sy spelling en uitspraak dikwels ’n kopkrap vir internasionale besoekers is.
Hierdie taalkundige raaisels beklemtoon die unieke geskiedenis en kultuur wat agter plekname skuil.




