Op Jeugdag onlangs het die Worcester Jeuguitreikgroep (WYOG) hul tweede jeuguitreikgeleentheid aangebied.Foto: Luciano du Toit


Op Jeugdag onlangs het die Worcester Jeuguitreikgroep (WYOG) sy tweede jeuguitreikgeleentheid aangebied. Hierdie inisiatief is reeds op 6 Julie 2019 gebore met die slagspreuk Let usTry Again inUnity.

Die WYOG betrek gemeenskapslede in en buite Worcester wat met hul tyd “vooruitbetaal” om ons jeug te help opbou en te bemagtig.

Die tema vir vanjaar se uitreik was “Ons gaan dit skud, pluk en uitruk”.

WYOG besef dat die gemeenskap uit verskillende agtergronde met betrekking tot kultuur, taal, erfenis en onderwys kom en fokus dus daarop om jeugdiges vanuit alle oorde, ook studente of werkloses, ’n groot verskeidenheid geleenthede te bied, asook om hulle te bemagtig deur:

1) Kennis en inspirasie;

2) gee hulle die vryheid om hulself te stem en hulself te wees;

3) die verskaffing van ’n platform vir interaktiewe besprekings;

4) die skep van ’n gunstige omgewing om hul toekoms te help vorm;

5) help hulle om ingeligte besluite te neem;

6) ’n plek van opheffing;

7) koppel hulle met hulpbronne en organisasies om hulle te help; en

8) om groot pret te hê terwyl jy dit doen.

By hul Jeugdagviering was prominente uitstallers en sprekers teenwoordig om te help met die opheffing van die jeug. Die sprekers het uitgewei oor hul uitdagings, sukses­verhale vertel en motiveringspraatjies gelewer oor verskillende insiggewende onderwerpe, insluitend finansiële geletterdheid.

Hierna is ’n oop platform gebied aan die jeugdiges om hul eie menings te kan opper. Soos aangeteken deur sommige van die gaste en sprekers van die dag, was die geleentheid “ ’n oorweldigende sukses wat studente en werklose jeugdiges met ’n hernieude gevoel van doelgerigtheid gelaat het”.

Die bystand van Breedevallei-munisipaliteit, Valley FM, die borgskap van plaaslike besighede, kunstenaars (so ver as Spanje), alle jeugorganisasies, ons gemeenskapslede, skole, uitstallers, sprekers en andere het tot die sukses van die dag gelei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article