’n Man is Sondagoggend (27 Maart) in ’n skietery in Riverview gewond.Foto:

Credit: SYSTEM

Die polisie soek na ’n verdagte nadat ’n man voorverlede naweek in ’n skietery in Riverview gewond is. Nog ’n man het reeds in verband met die voorval in die hof verskyn

Volgens sers. Vathiswa Jacobs, die Worcester-polisie se woordvoerder, het die voorval omstreeks 09:20 gebeur toe die slagoffer en ’n getuie op die hoek van Yssel-en Saundersstraat gestaan het.

“Terwyl hulle op die hoek gestaan het, het hulle iemand hoor skree ‘hier kom hulle!’ Hierna het twee mans van Buitenkantstraat se kant af by hulle aangekom.

Die slagoffer en ’n getuie het na bewering gesien dat een van die verdagtes ’n vuurwapen in sy hand gehad het en hulle het begin hardloop.

“Terwyl hulle na ’n huis in Ysselstraat gehardloop het, het die verdagte op hulle geskiet.”

Jacobs sê die slagoffer is in die linkerbeen gewond en die tweede koeël het sy baadjie getref. Die skieter het hierna weggehardloop.

Die slagoffer is na die Worcester-hospitaal geneem en die verdagte is later in hegtenis geneem en het Dinsdag (29 Maart) in die Worcester-landdroshof verskyn. Die polisie is nog op soek na die tweede verdagte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article