Twee Ashbury Primêr-leerders, Aleila Klein en Akhulelwa Tafendi, het hulself Sondag 5 November saam met hul gesinne vir die eerste keer op die grootskerm van die Odeon-teater in die KWV-gebou in Montagu gesien. Aleila en Akhulelwa is in November 2022 deur onderwysers by Ashbury Primêr gekies vir ’n dokumentêr wat handel oor die watervroue-stories binne die Khoi- en San-gemeenskappe. Om die stories wat vertel word, meer visueel aan kykers deur te gee, moes mense gebruik word om stories meer lewe te gee. Aleila moes baie aksies in die water uitbeeld, en is gekies omdat sy kan swem, en Akhulelwa moes dans en verskillende rolle vertolk, wat die ware storie van ’n jong swart meisie van Johannesburg vertel. Die dokumentêr, Watermaidens of Africa, is oorgeneem deur Amazon Prime. Die produksiehuis wat die dokumentêr moontlik gemaak het, het ook vir verskeie oorsese filmfeeste ingeskryf, waar meer mense die stories van ons inheemse mense kan leer. Hopelik lei dit tot meer belangstelling in die kultuur van Suid-Afrikaanse groepe.

Credit: SYSTEM

Twee vir dokkie gekies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article