Van links is Pieter Wium, Pierre Snyman, Johan Groenewald, Juan van Tonder, Jacques en Megan van Graan, Johan Coetzee en Peppie van Tonder. Voor: Tiaan Coetzee.Foto: Piet Hugo


Die Brandvlei-hengelklub se tweede kompetisie vir die jaar is Saterdag in lekker warm weer by Kwaggaskloofdam gehou.

Anders as die vorige kompetisie moes hulle weens die huidige laer watervlak dieper hengel en slegs 86 visse (58 kg) is ingeweeg, waarvan 29 (16 kg) deur Jacques van Graan. Hy is ook as die wenner in die B-sone, senior afdeling en algehele wenner gekroon.

Juan van Tonder het die A-sone gewen met Johan Groenewald in die tweede plek, wat ook as die veterane-wenner van die dag gekroon is met Danie Wilmot tweede en Pierre Snyman derde.

Pieter Wium het die senior afdeling in die A-sone gewen. Johan Coetzee (10 visse) was die algehele wenner in die senior afdeling en het die swaarste baber (3,85 kg) ingeweeg.

Peppie van Tonder het die swaarste witvis (420 g.) uitgetrek. Megan van Graan was weer die vrouewenner terwyl Tiaan Coetzee as die beste junior gekroon is.

Die verrassings van die dag was dat ná ’n lang verloop van tyd ’n kleinbek-swartbaars (670 g.) en ’n kurper (260 g.) uitgetrek is.

Albei is deur die gesoute hengelaar Juan van Tonder gevang.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article