A man has been cleared of rape.

SimpleImages, Getty Images

Die voormalige bestuurder en ontvangsdame van Huis Andries Hamman-tehuis vir bejaardes het verlede week in die hof verskyn op aanklagte dat hulle amper R1,4 miljoen van die tehuis gesteel het.

Luidens die klagstaat het die beweerde bedrog reeds in 2018 begin en staan Liezl du Toit en Christa Human tereg op 162 aanklagte. Hulle het glo altesaam R1 382 862,53 gedurende hierdie tydperk verduister.

Hulle het na bewering voorgegee dat die betrokke transaksies vir geldige uitgawes in die belang van die tehuis was.

Volgens ’n bron, wie se ouma ’n inwoner van die tehuis is en wat op voorwaarde van anonimiteit met Standard gepraat het, het die inligting oor die beweerde knoeiery in Januarie aan die lig gekom.

“Alles het in Januarie uitgekom. Die raad van die tehuis het wel gesê dis as gevolg van bedrog dat die twee weg is, maar verder hou hulle alles stil.”

Die bron verduidelik verder die twee het glo “spookwerknemers” betaal.

’n Verpleegster wat by die tehuis werk, het ook beaam dat die inwoners gefrustreerd is oor die feit dat hulle nie op hoogte van sake gehou word nie.

“Volgens die inwoners hoor hulle absoluut niks oor die vordering van die situasie nie. Dis ’n hele deurmekaar storie en hulle is ongelukkig daaroor,” het die verpleegster gesê, wat ook verkies om nie haar naam te noem nie.

Die tehuis het intussen ’n nuwe bestuur gekry.

Die twee beskuldigdes sal Dinsdag 12 Julie weer in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article