Sondag 27 Februarie sal vir altyd deur twee susters onthou word as die dag wat hulle mekaar ná 37 jaar gevind het. Hulle beoog om die ontmoeting op ’n latere tydstip behoorlik te vier.
Die twee susters is Johanna Joubert en Hannelie Damons.
Johanna woon nou op die plaas Vrede, Koelenhof, by Stellenbosch, en Hannelie woon in Patensie in die Oos-Kaap.
Hannelie, wat vir twee weke in Tulbagh kom kuier het, se kort kuiertjie was gewis die moeite werd.
Hannelie en Albertus se ma, Christine Damon – ook bekend as Lalie – is in 1986 oorlede. Die welsyn het haar en haar broer Albertus in die sorg van Jeanette en Pools Adams geplaas en hulle het toe in Constantia gaan woon, waar hulle skoolgegaan en grootgeword het.





