Twee mense is dood toe verskeie motors vroeër vanmiddag in ’n ongeluk naby Tulbagh betrokke was.
Volgens bronne met inligting oor die ongeluk, het die ongeluk omstreeks 17:00 vanmiddag gebeur. Teen 19:00 was nooddienste glo steeds op die toneel.
Verder verduidelik die bron twee mense het in die ongeluk gesterf, twee is ernstig beseer en agt mense het geringe beserings opgedoen.
’n Woordvoerder van die Tulbagh-polisie het gesê hulle kan in hierdie stadium nog geen spesifieke inligting oor die ongeluk met die media deel nie, omdat hulle nog die families van die oorledenes in kennis moet stel van hul sterftes.
Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk gebeur het nie.





