Nóg ’n vragmotor het Dinsdag 29 Augustus die pad aan die voet van die Hexrivierpas verlaat. Volgens ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie het die bestuurder van die vragmotor net ná 15:00 beheer oor die voertuig verloor. Hy het in die rigting van De Doorns gery. Die bestuurder se twee passasiers het ligte beserings opgedoen en dit blyk die bestuurder self is ongedeerd. Die vragmotor het verskeie goedere vervoer, wat energiedrankies, seep en hondekos ingesluit het. Inwoners het later verskeie van die artikels van die trok af begin plunder. Die pad was oop vir verkeer, behalwe toe wegsleepdienste die vragmotor verwyder het. Foto: One-Way Towing


Twee passasiers lig beseer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article