Dié vragmotor het op die Hex-pas omgeslaan nadat die bestuurder beheer verloor het.Foto: Ismail’s Towing


’n Negejarige seun is verlede week dood toe hy op die Robertsonpad (R60) naby die Nuwerusplaas na bewering voor ’n motor ingehardloop het.

Die ongeluk het omstreeks 17:20 plaasgevind

AO Grant Stynder, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het gesê die kind het volgens getuies binne die geel baan langs die pad gestap, maar toe voor ’n motor beland toe hy die pad wou oorsteek.

“Die bestuurder het gerem om die ongeluk te vermy, maar die oorledene het aangehou om in die bestuurder se baan te hardloop,” het Stynder gesê.

Die motor het die kind getref.

Stynder het gesê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.. In ’n ander ongeluk het ’n vragmotor in Hexpas naby Spookdraai omgeslaan.

Volgens AO Godfriedt Titus, ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie, het die bestuurder van die vragmotor, wat van Johannesburg af na Kaapstad op pad was om optiese vesel af te laai, beheer oor die voertuig verloor en teen die rand van die pas vasgery. Die vragmotor het omgeslaan.

Die bestuurder is ongedeerd.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article