Die Robertson-krieketklub pronk met twee van sy bestuurslede wat as lede van die Boland-bestuur verkies is. Jonita Philander (bo), die klub se kassier, is as lid van die lederaad van Boland-krieket verkies. Die lederaad behartig verskillende krieketsake. Die voorsitter van Robertson-krieketklub, Cecil Fielies (onder), is as ’n direkteur van Boland-krieket verkies. Hy is ook lid van die lederaad. Sy portefeulje van komitees waarop hy dien, is menslike hulpbronne en die krieketkomitee. Hy is ook gekies om op een van die tugkomitees van Boland-krieket te dien. Fielies sê hulle bedien nie net die Robertson-gebied nie, maar is verantwoordelik vir die hele Boland met sy 59 klubs, skole-krieket, vrouekrieket, die Boland Rocks ens. Hy het bygevoeg Boland-krieket is tans besig met groot ontwikkelings in die nabye toekoms, wat verskeie voordele vir krieket in die streek sal inhou.Foto:


Twee in bestuur van Boland-krieket

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article