Tronkstraf vir jong man wat 40-jarige vrou in haar slaap verkrag

Photo for illustration purposes.
Photo for illustration purposes. Credit: Pixabay

’n Jong man (24) van Bonnievale is vir 10 jaar tronk toe gestuur nadat hy ’n 40-jarige vrou in haar slaap verkrag het.

Francisco Koopman se vonnis kom nadat hy skuldig op die klag van verkragting teen hom gepleit het.

Die veroordeelde verkragter sê in sy pleitooreenkoms dat hy en die klaagster, wat aan hom bekend is, op 11 Mei 2024, die dag van die voorval, saam gekuier en alkohol gedrink het op ‘n plaas in Bonnievale.

Volgens Koopman het hy besluit om by die klaagster in te loer toe hy agterkom sy het gaan slaap. Hy sê toe hy sien sy slaap, het hy in die bed by haar geklim en haar verkrag.

Koopman erken die klaagster het gegil en hom van haar af weggestoot. Volgens hom het sy haar man van die voorval vertel wat op sy beurt die polisie in kennis gesteel het. Koopman is kort hierna in hegtenis geneem.

Hy erken sy optrede was verkeerd en strafbaar deur ’n hof.

Die veroordeelde verkragter Francisco Koopman.

Wat die verswarende omstandighede betref het die klaagster as gevolg van die verkragting erge sekondêre trauma ervaar.

Die gemeenskap het haar gestigmatiseer en haar geblameer vir wat gebeur het omdat sy voor die voorval alkohol gedrink het en as gevolg daarvan vas aan die slaap was.

Met betrekking tot die versagtende omstandighede het die hof gehoor Koopman het skuldig gepleit en berou getoon.

Elton Willemse het aangekla.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article