Dier andamp; Plant se personeel, van links: Marlene Philander, Dolf Gous jnr. (mede-eienaar en bestuurder), Grace van der Merwe, Herbert Mbokoxa en Andile Mgoboza.

Foto:
angelo julies

Of jou troeteldiere geveer, gevin of harig is, Dier andamp; Plant Petshop het alles wat jou troeteldier benodig om gesond en gelukkig te wees.

Met meer 40 jaar se ondervinding in dienslewering is die welstand van jou diermetgeselle ’n gedeelde passie by die winkel.

En daar is altyd ’n vriendelike en kundige assistent aan diens om jou te help met al jou troeteldier se behoeftes.

Die familiebesigheid lewer dienste regoor die Wes-Kaap en selfs gedeeltes van die Noord-Kaap.

Dier andamp; Plant Petshop spesialiseer in ’n verskeidenheid voëls, visse en klein troeteldiere en verskaf ook ’n groot verskeidenheid toebehore, kos, speelgoed, beddens en meer.

Dier andamp; Plant Petshop spesialiseer ook in ’n verskeidenheid saad. “Ons verkoop groentesaad, blomsaad en kruiesaad vir kleinboere en die entoesiastiese tuinier. Ons bied ook ’n verskeidenheid grasperksaad om by al die verskillende areas van jou tuin te pas, van die sonnigste tot die koelste kolle,” sê mede-eienaar Dolf Gous jnr.

“By Dier andamp; Plant Petshop sal jy altyd vind dat ons mededingende pryse bied en professionele, vriendelike diens.”

Dier andamp; Plant se besigheidsure is van Maandae tot Vrydae van 08:00 – 18:00 en Saterdae van 07:00 – 13:00.

Vir meer inligting, bel Dier andamp; Plant by 023 347 2916 of besoek hulle webtuiste by www.dierenplant.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article