Die Kankervereniging in Breedevallei bied op 3 Mei om 20:00 tot laat sy prettige geldinsamelingsgeleentheid – ’n baldansmet ’n cowboy-tema – in die Worcester-stadsaal aan. Die New Strings Band sal die musiek verskaf en baie gelukstrekkings sal gehou word, met pryse vir die bes geklede cowboys en meisies. Die koste beloop R120 per persoon, en bring jou eie bord en drinkgoed. Vir kaartjies, bel Natasha by 082 712 5435 of Nathalie by 071 879 4560. Die organiseerders (bo) is Kulsum Jeftha, Simon April (komitee-kassier), Elizna Fransman, Karina September, Nathalie Arendse (koördineerder), Esmerelda Ferus en Natasha Johnson (sekretaresse). Ashley Johnson was afwesig toe die foto geneem is.Foto:


Trek jou cowboy-boots aan en dans!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article