Primrose-rubyklub het Saterdag 1 Julie sy rieme styf geloop toe Touwpark hom op Boland Park met 21-16 geklop het.

Die wedstryd was vol vuurwerk en pragrugby is opgedis. Primrose het vroeg in die wedstryd ’n strafskop gekry, maar die poging pale toe was onsuksesvol.

Touwpark het sy kanse beter benut en ná ’n volle agterlynbeweging gaan druk hulle onder die pale. Die doelskop bring die telling na 7-0 vir Touwpark.

Primrose kry weer ’n strafskop en dié keer maak Marco Alberts, losskakel, seker met die skop. Die telling is dan 7-3 vir Touwpark. Terwyl die twee spanne mekaar opdraande gee, gaan druk Touwpark sy tweede drie (14-3). Dit was ook die rustydtelling.

Ná rustyd kry Primrose weer ’n strafskop en maak die telling 14-6 vir Touwpark. Touwpark gee nie bes nie en gaan druk sy derde drie en die telling skuif na 21-6 vir Touwpark.

Primrose kom egter terug en gaan druk onder die pale. Die doelskop sorg vir ’n telling van 21-13 vir Touwpark. Hy val nou gereeld aan en dwing Touwpark tot foute en kry dan ook ’n strafskop, suksesvol pale toe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article