Worcester Gimnasium het op 18 en 19 Maart aan die Suid-Afrikaanse Toutrekkampioenskap in Malmesbury deelgeneem, waar die skool sy eerste medalje in 30 jaar in ’n nasionale kampioenskap gewen het – nie net een medalje nie, maar twee. Gimnasium het ook ’n nuwe kaalvoet-toutrekklub genaamd Bosvarkies begin. Alhoewel dit die eerste jaar was dat die Bosvarkies deelgeneem het, het hulle ook ’n medalje losgetrek deurdat hulle die silwermedalje in die 440 kg-afdeling verower het. Bo is die 520 kg-seunspan (agter) en 440 kg-meisiespan (voor), wat goud gewen het.Foto:


Toutrekkers wen eerste nasionale medalje in drie dekades

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article