Die naweek wag weer opwindende rugby in die Langeberg-afdeling van die Groot Uitdaag-kompetisie.
In die Esselenparkstadion in Worcester speel Young Hamiltons teen Ashton United.
Bonnievale Blue Birds ontvang Saterdag besoek van Proteas De Doorns, terwyl Villagers Worcester Saterdag reis na Swellendam waar hulle die tuisspan moet gaan andurf.
In Robertson is dit derbytyd wanneer die voorlopers, Robertson Town, teen verlede seisoen se ligawenners en bure, Robertson Rangers, te staan kom. Ook in die King Edwardstadion in Montagu wag ’n wedstryd wanneer verlede seisoen se naaswenners, Montagu-klub, teen sy bure, Villagers Montagu, te staan kom.
Worcester Perseverance geniet Saterdag ’n loslootjie.
In die Streekuitdaag- kompetisie van die Langeberg-afdeling speel Rooiberg United tuis teen Bonnievale United, terwyl Blue Swallows besoek ontvang van Rangers de Hoop. McGregor geniet tuisveld-voordeel vir sy kragmeting teen Buffalows terwyl Young Good Hopes van Ashton besoek ontvang van United Stars.
Suurbraak en Turbo’s sê mekaar Saterdag die stryd aan.
In die Breërivier-afdeling van dieselfde kompetisie speel Rawsonville United Saterdag tuis teen Klipdrift, terwyl Touwpark tuisveld-voordeel gaan geniet teen Overhex. Orchards ontvang besoek van Villagers Breërivier terwyl Primrose besoek ontvang van De Doorns United.

