Die Sanlam-Boland-rugbyunie het die stigting van die Sanlam- Boland-Top-12-presidentspan en die Hawies Fourie-uitnodigingspan aangekondig – twee verteenwoordigende spanne wat op Saterdag 30 November in ’n spesiale wedstryd in die ikoniese Boland-stadion in Wellington gaan kragte meet. Hierdie opwindende wedstryd sal regstreeks op Boland Rugby se amptelike YouTube-kanaal uitgesaai word.
Die Presidentspan is in halftyd van die Sanlam-Boland-Top- 12-eindstryd bekend gemaak.
Hawies Fourie, hoofafrigter van die Sanlam-Boland-Kavaliers, het saam met die organiseerders van die Top-12-kompetisie gewerk om spelers te kies. Hy het die waarde van die kompetisie benadruk: “Die Sanlam-Boland-Top-12-kompetisie het ’n ongelooflike platform gebied om die rou talent in ons streek te ontdek. Die regstreekse uitsending van die 30-ronde-wedstryde en halfeindstryde het ons in staat gestel om spelers se prestasies deeglik te ontleed. Hierdie proses het verseker dat ons spelers gekies het wat die gees en vaardigheid van Boland-rugby weerspieël.”
Fourie het sy breër visie vir Boland Rugby gedeel. “Ons sal agt tot 10 spelers uit die klubstrukture kies om by ’n hoëprestasieprogram aan te sluit wat opname ook in die Sanlam Boland Cavaliers se opset kan beteken.
Sanlam Boland Top-12- Presidentspan: 1. Henwill Cleophas (Darling), 2. Divan Joshua (Saldanha), 3. Andries de Kock (Villagers Worcester), 4. Emile Booysen (Saldanha), 5. Daniel Temm (Vredenburg), 6. Freginald Africa (Robertson Town), 7. Colin April (Newtons), 8. Charl Castleman (Young Spurs), 9. Gurshwin Africa (Villagers Worcester), 10. Earl Lewis (Darling), 11. Terrence Ludix (Safcol United), 12. Jovelian de Koker (Robertson Town), 13. Conan Le Fleur (Vredenburg), 14. Andrin Mepomie (Safcol United), 15. Lorenzo Swart (Caledon).
Plaasvervangers: 16. Johannes Geldenhuys (Villagers Worcester), 17. Jashrie Karriem (Robertson Town), 18. Robin Adams (Safcol United), 19. Louis Lotter (Vredenburg), 20. Dihan van der Walt (Robertson Town), 21. Jason Beukes (Safcol United), 22. Jurich Claasen (Safcol United), 23. Cubitt Michaels (Villagers Worcester)
Hawies Fourie-uitnodigingspan: 1. Anele Zingitwa (Villagers Worcester), 2. Jacquinn Ruthford (Safcol United), 3. Stephan Fourie (Caledon), 4. Markus de Beer (Young Spurs), 5. Curtley Timm (Robertson Town), 6. Rowan Heneke (Caledon), 7. John van der Vent (Saldanha), 8. Benjamin Dwayi (Safcol United), 9. Gilton Mangena (Hillcrest United), 10. Colin Willemse (Robertson Town), 11. Matthew Jacobs (Saldanha), 12. Shane Cole Williams (Newtons), 13. Jenno April (Robertson Town), 14. Renaldo Young (Roses United), 15. Jadrian de Klerk (Villagers Worcester).
Plaasvervangers: 16. Abdula-Ouf Gallie (Robertson Town), 17. Clarence van Wyk (Caledon), 18. Evert Grobbelaar (Ceres), 19. Bradman Grove (Villagers Worcester), 20. Renfred Adams (Darling), 21. Isaiah Davids (Robertson Town), 22. Jacquin Marthinus, (Caledon), 23. Rodville Jonkers (Saldanha), 24. Sameul Greyling (Saldanha), 25. Nazeem Wood (Safcol United).




