Die kapteins van die twaalf klubs wat om die Grootuitdaag-wisseltrofee gaan meeding. Agter van links staan Dashton Wellman (Wesbank), Divan Joshua (Saldanha Bay), Hyco Jacobs (Roses United), Shandre Prince (Delicious NW), Philbrey Joseph (Young Hamiltons) en Branden Hunter (Hawston). Voor sit Chesvill Muller (Bella Vista), Wildon Marsh (Darling), Llewelyn Hahn (Vanrhynsdorp Eagles), Kirsten Adams (Mamre), Jumainiune Arendse (Robertson) en Benjamin Dwayi (Safcol).Foto: Rasaad Adams


Ná deeglike beplanning is die Top-12 van Boland Rugbyunie se Grootuitdaagkompetisie uiteindelik aangekondig.

Twaalf spanne uit ses streke, insluitend Weskus, Witsentraal, Overberg, Breelangeberg, Swartland en Noordweste, ding tydens die gewone seisoen in Boland-rugby se Grootuitdaag-afdeling mee. Die klubs wat in posisies een en twee in hierdie ses streke eindig, kwalifiseer vir die Sanlam-Boland-Top-12. Die verdedigende kampioene, Saldanha en Mamre, het uit die Weskus-streek gekwalifiseer, verlede jaar se naaswenners, Bella Vista, van Ceres, en Roses, van Wellington, sal Witsentraal verteenwoordig.

Terselfdertyd sal die Overbergse spanne debutante Grabouw-gebaseerde Safcol en die ervare kusklub, Hawston, wees. Breëlangeberg-streek sal gepas verteenwoordig word deur Robertson Town en Young Hamiltons met Darling en Wesbank wat die vlag vir die Swartland-streek dra. Vanrhynsdorp Eagles en Delicious is die twee klubs wat die Noordweste-streek gehaal het.

Die twee spanne wat ná afloop van hul onderskeie streke se ligas in die eerste en tweede posisies eindig, neem aan die kompetisie deel om te bepaal wie uiteindelik as Boland se kampioenspan gekroon gaan word.

Boland is in ses streke opgedeel met die Langeberg-streek se wenners en naaswenners Robertson Town en Young Hamiltons. Weskus se twee spanne in die kompetisie is Saldanha en Mamre. Witsentraal se twee spanne is Roses United en Bella Vista.

Overberg word verteenwoordig deur Safcol en Hawston terwyl Swartland se verteenwoordigers Wesbank van Malmesbury en Darling is. Noordweste word verteenwoordig deur Eagles en Delicious.

Wedstryde skop eerskomende Saterdag 21 Oktober af met alle deelnemende spanne wat van die wedstryde op hul tuisveld sal speel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article