Clemence Thomas, ’n onderwyser van Touwsrivier, het onlangs ’n nasionale prys gewen.


’n Onderwyser van Touwsrivier het verlede week ’n toekenning vir sy bydrae tot natuurwetenskap­onderrig ontvang.

Die prysuitdelingseremonie is Donderdag 31 Augustus in die Kaap gehou. Clemence Thomas was een van die finaliste. Hy is al vir 11 jaar ’n onderwyser by Touwsrivier Primêre Skool, waar hy wiskunde en wetenskap aanbied.

Oor toe hy as die provinsiale wenner aangekondig is, sê hy: “Dit het goed gevoel. Dit het my ook gemotiveer om beter te doen.”

Hy is opgelei om hierdie vakke aan te bied en het ook ’n natuurlik liefde daarvoor.

Hy is ook in 2019 in ’n ander kategorie benoem, maar daar is toe melding gemaak dat hy op ’n volgende geleentheid vir hierdie einste kategorie wat hy gewen het, benoem moet word.

In sy toespraak het die provinsiale minister van onderwys, David Maynier, die volgende gesê: “Hierdie toekennings gee ons die geleentheid om die ongelooflike werk wat onderwysers elke dag in ons openbare skole doen, te vier, en om erkenning te gee aan uitstekende onderwyspraktyk. Hierdie onderwysers streef onverpoosd na uitnemendheid, en hul passie vir die verbetering van leeruitkomste is duidelik vir almal om te sien. Hierdie eienskappe steun ons leerders goed terwyl ons daarna streef om hulle #BackOnTrack te kry, en hulle toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het om in ons ontwikkelende ekonomie te floreer.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article