Die Brandvlei-hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag naby Porterville gehou. Hoewel dit ’n heerlike warm, sonskyndag was, was die vangste nie te waffers nie en die vis boonop aan die klein kant (77 met totale gewig van 88,590 kg). Johan Groenewald het die swaarste baber (4,870 kg) en Peppie van Tonder die swaarste karp (2,030 kg) aangekeer. Die dag het egter aan die junior hengelaar Tiaan Coetzee behoort, wat die ouer en meer gesoute hengelaars erg laat bloos het met sy 15 visse (14,370 kg). Hy was nie net die wenner in die A-sone nie, maar het die junior afdeling ook gewen en is boonop as die algehele wenner van die dag gekroon. Johan Stander was die wenner van die meestersafdeling, Charl Ferreira in die senior afdeling en Danie Wilmot in die veterane-afdeling. Johan Groenewald was die wenner in die B-sone met Pieter Wium in die tweede plek. Die belowende Bonita Groenewald, wat onlangs by die klub aangesluit het, was die wenner van die vroueafdeling. Van links staan Johan Stander, Johan Groenewald, Charl Ferreira, Danie Wilmot, Bonita Groenewald en Peppie van Tonder. Voor sit Tiaan Coetzee. Foto:


Tiaan laat ouer hengelaars bloos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article