The Fleet-kersfeeskoor van Worcester het sy beste vir laaste gehou toe hy as algehele wenner gekroon is in ’n welwillendheidskompetisie wat deur St. Christians aangebied is. Suurbraak in die Overberg het Sondag uit sy nate gebars toe ’n paar duisend mense die veld volgepak het om The Fleet – wat deur sy unie geskors is omdat hy vroeër die seisoen in Paarl deelgeneem het – te sien. Ondersteuners het tot van Mamre en Hawston gereis om die orkes vir die laaste keer die seisoen in aksie te sien. Die orkes het baie aandag getrek met sy nuwe uitrustings en die beoordelaars het hul kleurskema gekomplimenteer. The Fleet moes egter tevrede wees met ’n tweede plek in die voorgeskrewe lied-afdeling, wat deur Heidelberg gewen is.

Credit: SYSTEM

The Fleet vir oulaas bymekaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article