Tessel Crotz (35)

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Tessel Crotz (35), ’n tandarts van Worcester, is al van ’n jong ouderdom af lief vir sport – veral om sy vermoëns “te toets” en gereelde uitdagings vir homself te stel.

Tessel is tans hard aan die oefen vir die Iron Man-driekamp, wat in November in Mosselbaai plaasvind.

Dit is ook vir hierdie doel dat Tessel bekendheid in die dorp verwerf het nadat hy ingeskryf het met die doel om geld vir bewaringswerk in Suid-Afrika in te samel.

Volgens Tessel het hy grootgeword in ’n familie wat “terugploeg”. Hy het die uitnodiging vir geldinsameling op die Iron Man-webtuiste gesien en besluit om ’n deelnemer met ’n bewaringsdoel te wees.

Dié kranige sportman het aan Standard verduidelik dat hy van sewejarige ouderdom af karate beoefen het totdat hy 24 was, en daarna met driekamp begin het nadat hy lus was vir ’n nuwe uitdaging.

Alhoewel Tessel in Worcester grootgeword het, het hy sy matriekjaar aan die Kaapse Akademie in Constantia, ofte wel die Cape academy of maths, science and technology voltooi en ná sy studiejare na sy tuisdorp as ’n tandarts teruggekeer.


Volgens Tessel is sy “sterkste item” van driekamp die fietsry, maar swem is ’n “bietjie van ’n uitdaging”.


Tans bestaan sy oefening uit ’n daaglikse program waar hy fietsry, draf en swem inwerk, asook sommige van die items saam op een dag om die oorskakeling tussen die twee sportsoorte te oefen.


Hy gaan in November aan ’n halwe ysterman-byeenkoms deelneem met die doel om in Maart 2024 ’n volle byeenkoms in die Oos-Kaap aan te pak. Hy het al sewe driekampkompetisies voltooi.


“Uit 10 pasiënte vra sewe vir my oor die Iron Man,” het Tessel laggend gesê, wat verduidelik dat Worcesteriete hom wil ondersteun en sy vordering fyn dophou.





Wilderness Foundation Africa is volgens die Iron Man-webtuiste ’n Suid-Afrikaanse projek, deel van Iron Man, sonder winsbejag en gestig om bewaringswerk in die land aan te moedig.

Atlete wat vir die Iron Man inskryf, kan by die inisiatief betrokke raak deur geld vir dié projek in te samel.

Volg die skakel https://ironmanfornature.co.za/ word om Tessel se profiel te besoek om geld te skenk deur instruksies op sy profiel te volg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article