Pool Transport het verlede jaar geld, wat deur die SN Pool-gemeenskapstigting en die burgemeester-gholfdag ingesamel is, aan begunstigdes oorhandig. Altesaam 14 plaaslike organisasies het ’n skenking van R10 000 elk gekry. Die geld is oorhandig aan die Pionierskool vir siggestremdes, die Sean Kelly Centre: Association for the Sensory Disabled, die APD Breedevallei-vereniging vir mense met gestremdhede, die Worcester House of Hope, Brave Heart-tehuis, Lukhanyo Home and After Care Centre, die Sinethemba-trust, Siphumelele Educare Centre, die Charles and Catherine Scheepers Educare, Zanokhanyo Pre-School, Edenskool vir LSO, Wonderland Day Care, Kleinbegin-dienssentrum vir bejaardes en Ikamva Lethu Care Centre. Die Breedevallei se burgemeester, Antoinette Steyn, het die geleentheid bygewoon. Foto:


Talle organisasies kry vet skenkings van stigting

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article