Die Worcester- junior stadsraad bied Saterdag 14 Oktober ’n talentkompetisie in die Worcester-stadsaal aan.

Leerders verbonde aan Breërivier Senior Sekondêr, Esselenpark Senior Sekondêr, HTS Drostdy, die Hoërskool Montana, Pionierskool, Vusisizwe Senior Sekondêr, Worcester Gimnasium en Worcester Senior Sekondêr gaan aan die kompetisie deelneem.

Die seremoniemeesters is die televisie-aanbieder Rumarques Gelderblom, Chané du Plessis, ’n lid van die junior stadsraad se skooluitreikingskomitee, en Mikaylin Pieterse, gewese lid van die junior stadsraad.

Die beoordelaarspaneel bestaan uit die Mej. Suid-Afrika-finalis Nande Mabala, die akteur Ashlin Thomas en ’n vakadviseur van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Annelie Treurnicht.

Die verrigtinge begin om 15:00 en duur tot 18:00. Kaartjies is R20 stuk vir volwassenes en kinders, en sal op die dag van die kompetisie ook by die deur beskikbaar wees. . Bel Esmerelda Pekeur by 076 272 7880 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article