Die ACVV Worcester-tak het onlangs ’n suksesvolle gholfdag by die Worcester-gholfklub aangebied. Die wenspan vanjaar was die span van Worcester se Tafelronde. Die spanlede was Daniel Roothman (regs), Werner Janse van Rensburg en Pieter Swart (nie op die foto nie), en Rikus de Wet (links). By hulle is die ACVV se voorsitter, Helena Baard. Die bestuur van die ACVV wil graag al die betrokkenes en borge bedank wat weer eens tot ’n baie suksesvolle gholfdag – een van dié instansie se belangrike geldinsamelingsinisiatiewe – bygedra het.


Tafelronde laat sokke swaai op ACVV se gholfdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article