Die Worcester-polisie het in die tweede kwartaal se misdaadstatistieke weer die top-30 in ’n paar afdelings gehaal, maar die meeste van die syfers het afgeneem. Die tweede kwartaal van die 2023-’24-jaar strek van Julie tot September 2023.
Ernstige misdaad
In Suid-Afrika – 23ste
Provinsiaal – 8ste
In 2022 is 1 620 sake van ernstige misdaad aangemeld in vergelyking met die 1 516 sake wat in dieselfde tydperk in 2023 aangemeld is. Dié syfer het dus met 104 (6,4%) gedaal.
Poging tot moord
In Suid-Afrika – 3de
Provinsiaal – 1ste
In hierdie kwartaal se statistieke is hierdie die enigste syfer wat gestyg het. In 2022 is 19 sake van poging tot moord vir hierdie tydperk by die Worcester-polisie aangemeld terwyl 68 sulke sake in 2023 aangemeld is. Die syfer het met 49 (257,9%) gestyg.
Gewone aanranding
In Suid-Afrika – 14de
Provinsiaal – 6de
Hierdie syfer het met 35 klagtes (12,8%) gedaal. In dieselfde tydperk in 2022 is 273 aangemeld, en 238 in 2023.
Kontakverwante misdaad
In Suid-Afrika – 11de
Provinsiaal – 10de
28 (15,0%) sake minder as die vorige kwartaal. In 2022 is 187 klagtes aangemeld en in 2023 is 159 sulke klagtes aangemeld.
Opsetlike beskadiging van eiendom
In Suid-Afrika – 11de
Provinsiaal – 10de
In 2022 is 179 klagtes aangemeld en 157 in 2023. Die syfer het met 22 (12,3%) gedaal.
Inbraak by woonpersele
In Suid-Afrika – 19de
Provinsiaal – 3de
Hierdie syfer het in die tweede kwartaal met vier inbrake gedaal. In 2022 is 151 inbrake aangemeld, en in 2023 is 147 aangemeld.
Inbraak by nie-residensiële persele
In Suid-Afrika – 12de
Provinsiaal – 2de
In 2022 is 93 klagtes aangemeld en in 2023 net 71. Dié syfer het met 22 (23,7%) gedaal.
Diefstal uit ’n motorvoertuig
In Suid-Afrika – 30ste
Provinsiaal – 11de
In 2022 is 126 klagtes aangemeld terwyl in dieselfde tydperk in 2023 altesaam 130 aangemeld is. Die styging het op 3,2% te staan gekom.
Alle diefstal nie elders genoem nie
In Suid-Afrika – 26ste
Provinsiaal – 9de
Hierdie syfer het met 44 (13,3%) gedaal. In 2022 is 331 sulke klagtes aangemeld en in 2023 net 287.
Misdaad bespeur deur polisie- optrede
In Suid-Afrika – 13de
Provinsiaal – 10de
Die Worcester-polisie het in die tweede kwartaal 133 (39,1%) meer misdaad deur hul optrede bespeur. In 2022 was die syfer 340 en in 2023 was dit 473.
Dwelmverwante misdaad
In Suid-Afrika – 9de
Provinsiaal – 9de
In 2022 is 298 sulke klagtes aangemeld teenoor 443 in 2023 (styging van 48,3%).




