Drie swemmers van Worcester Gimnasium het aan die Suid-Afrikaanse Vlak 2-streeksouderdomsgroepkampioenskap van 3 tot 5 Maart deelgeneem en uitstekend gevaar. Nina van Tonder (links, gr. 8) het deelgeneem in die 14 jaar-ouderdomsgroep en eerste plek behaal in die 50 m-rugslag, tweede plek in die 100 m-vryslagaflos, en tweede plek in die 50 m-medley-aflos. Teyna van Zyl (middel, gr. 9) het deelgeneem in die 14 jaar-ouderdomsgroep en vierde plek behaal in die 50 m-borsslagitem, vierde plek in die 50 m-rugslag, tweede plek in die 100 m-vryslagaflos, en tweede plek in die 50 m-medley-aflos. Paris Burger (regs, gr. 8) het in die 13 jaar-ouderdomsgroep deelgeneem en was derde in die 50 m-rugslag, derde in die 200 m-vryslag, tweede in die 100 m-rugslag en vierde in die 100 m-vryslag. Sy het ook tweede plek behaal in die 100 m-vryslagaflos, en tweede plek in die 50 m-medley-aflos.

Credit: SYSTEM

Swemmers vaar uitstekend

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article