Twee susters van Worcester is deesdae in ’n werklikheidsreeks op Via te sien.
Juanita en Lerecia Mcpherson, wat in Brandvlei woon, het besluit om hierdie opwindende avontuur saam aan te pak. Al twee van hulle is deur Instagram gekontak waar elkeen van hulle ’n hele paar duisend volgelinge het.
Standard het ’n paar vrae aan die Mcpherson-susters gestel:
Wou jy nog altyd in ’n werklikheidsreeks wees?
Juanita: Ek wou nog altyd in ’n werklikheidsreeks wees, maar het nooit gedink dit gaan een wees waarin jy jouself moet bewys dat jy ’n trouvrou is nie.
Lerecia: Ek was voorheen in Tropika Island of Treasure se reeks 10, All Stars Edition, en daar het ek verlief geraak op werklikheidstelevisie en die feit dat dit nie scripted is nie en ek geheel en al net myself op televisie kan wees.
Vertel vir ons van jou ervaring terwyl die program geskiet is.
Juanita: Dit was a rollercoaster van ’n experience; een met ’n klomp upsand downs. Ek het toe meer en meer besef hoe dankbaar ek vir die Here is vir só ’n geleentheid. Ek is trots op myself oor die feit dat ek myself ’n bietjie uitgedaag het om iets nuuts aan te pak, maar meer om as individu te groei.
Lerecia:
Houvrou of Trouvrou is absoluut spontaan met hul beplanning en die set-up van die show. Elke dag was ’n verrassing; elke dag was daar iets nuuts om te experience – ons selfone wat vir twee weke weggevat is, was vir my baie, baie maklik. My verhouding met die Here het in dié twee weke sterker geword, en ek is dankbaar daarvoor. Ek doen ook ministry, en om dus in ’n huis vol ander girls te wees, was ’n blessing. Ek love mense en dit was ’n geleentheid om die liefde van Christus te gee.
Was jy senuagtig, opgewonde of albei?
Juanita: Ek sê jou – om TikTok-video’s te maak, is niks compared to ’n werklikheidsreeks nie. Die eerste drie dae was vir my die moeilikste. Ek moes eers gewoond raak aan die kameras wat jou konstant volg. Dit was ’n belewenis.
Lerecia: Definitief excited; production is my passie – voor of agter die kamera is genoeg om my excited te maak.
Sien jy uit daarna dat mense jou in die reeks gaan sien?
Juanita: Ek is baie opgewonde dat mense my op die televisie gaan sien. Ek wil hê hulle moet my journey verstaan, van hoe ek as vrou in die hele show gegroei het. Alles gaan net oor if you are willing or not to put yourself out there.
Lerecia:
Definitely. Mense gaan the real Lerecia sien – nothing filtered, nothing scripted, amazing way of getting people to see you for who you really are.
Juanita is tans ’n bediening-student, model en inhoudskepper op Instagram en TikTok, terwyl Lerecia haar eie produksiemaatskappy besit, en sy is ook by die bediening betrokke. . Houvrou of Trouvrou? is Woensdae om 20:00 op Via, DStv-kanaal 147.





