Die derde-ronde-wedstryde van die Robertson Sagtebal-krieketunie se plaaslike sagtebal-krieket-20-boulbeurt-kompetisie is Sondag (14 Februarie) beslis en die spanne van Pen United en Guptas het in die eerste wedstryd van die dag kragte gemeet.

Guptas het eerste gekolf en 87/9 lopies aangeteken. Pen United het op sy beurt 88/3 in 16 boulbeurte behaal en met die louere weggestap.

In die tweede wedstryd het Superstars en New Orleans teen mekaar gespeel. Die span van Superstars het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en 156 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Die span van New Orleans het egter die wind van voor gekry met sy beurt met die kolf en almal is vir net 33 lopies uitgeboul. Superstars het die wedstryd dus met 123 lopies gewen.

In die hoofwedstryd van die dag het Die Stoep en Droë Heuwel United teen mekaar te staan gekom. Droë Heuwel het eerste gekolf en 98 aangeteken.

Die Stoep het ’n bestendige openingsvennootskap opgestel met PJ van Niekerk (41) en G. Adams wat met die kolf uitgeblink het. Die span 99/3 in 16 beurte gehaal. Die Stoep het wedstryd dus met ses paaltjies gewen.

. Sondag (23 Februarie) vind die volgende wedstryde plaas:

09:45 – Dorpsig United t. Droë Heuwel United;

12:30 – Tornados t. Die Stoep; en

15:30 – Guptas t. New Orleans.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article