’n Suksesvolle atletiekafrigtingskliniek is op 25 en 26 September op Bolandpark gehou. Meer as 100 atlete en afrigters het dit bygewoon. Die klem is veral gelê op die korrekte tegnieke van die verskillende items soos gewigstoot, diskus, naellope, verspring, hoogspring en hekkies. Verskeie skole van Worcester het die geleentheid aangegryp om hul atlete vir die komende seisoen gereed te kry. Die geleentheid is ook gebruik om nuwe afrigters op te lei. Ander afrigters het die geleentheid gebruik om hul kennis vir die uitdagende komende atletiekseisoen te verbreed. Die atlete en afrigters was bevoorreg om Rodney Booysen, Piet Kemp en Isaac Alberts te hê om hulle te help slyp om beter atlete en afrigters te word. Dit is die eerste keer dat so ’n kliniek in Worcester aangebied is en hulle glo dat dit ’n jaarlikse instelling gaan word. Atlete en afrigters is bemagtig met waardevolle inligting wat hulle vir die nuwe atletiekseisoen kan gebruik.Foto:


.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article