Die stywelynespan van die Brandvlei-hengelklub (van links): Bonita Groenwald, Charl Ferreira, Meagan van Graan, Jacques van Graan, Zandré Coetzee en Danie Wilmot.Foto:


Brandvlei-hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag in ’n baie vol Brandvleidam gehou en die hengelaars moes behoorlik taktiek gebruik om die visse te laat aas vat.

Danie Wilmot (16 vis) het egter sy ondervinding en ywer gebruik om as die algehele wenner, wenner van die B-sone en wenner in die veterane- afdeling gekroon te word. Sy sak vis (13,35 kg) was die swaarste. Sy penmaat, Charl Ferreira, was tweede in die B-sone en die wenner in die senior afdeling. Jaco Coetzee, was tweede in die senior afdeling. Peppie van Tonder was derde in die B-sone en tweede in die veteraan- afdeling.

Jacques van Graan (14 vis) het die A-sone sowel as die meester-afdeling gewen met Piet Hugo in die tweede plek.

Megan van Graan het die vroueafdeling gewen met Bonita Groenewald in die tweede plek. Bonita het die swaarste baber (3,2 kg) ingeweeg.

Die junior afdeling is deur Zandré Coetzee gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article