Die o.13A-rugbyspan van die Laerskool Wynland het in die vakansie onoorwonne teruggekeer van die Rooikat-toernooi by Augsburg-landbougimnasium. Die Wynlanders het Robertson, Augsburg, Darling en Vredenburg geklop. Die afrigters, Cameron van der Wygen, Floris van Zyl en Ian Olivier, het tot dusver die seisoen wondere met die seuns verrig nadat geen skolerugby vir twee jaar moontlik was nie. Wynland speel nog vanjaar in Ceres in Laerskool Gericke se sportdag teen FD Conradie en Stellenbosch. Die span was verlede kwartaal ook onoorwonne in toernooie by Hoërskool Goudini in Rawsonville en in Hopefield.


Steeds onoorwonne!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article