Etienne Olivier, ‘n wiskundeonderwyser by die skoolFoto:

Credit: SYSTEM

Die wiskundeprestasie van 203 Wes-Kaapse skole in die 2021-eindeksamen is onlangs bekend gemaak en Hoërskool Charlie Hofmeyr spog met ’n plasing onder die top 20-skole wat goeie punte tydens die 2021-matriekeksamen behaal het.

Die Burger het onlangs statistieke bekend gemaak, wat volgens ’n spesifieke kriteria uitgewerk is, en dit het bevind dat Charlie Hofmeyer 18de plek behaal het vir skole met beste gemiddelde prestasie in wiskunde. Wanneer nog kriteria in ag geneem word, lys die skool 12de in die Wes-Kaap. Díe peiling het slegs Afrikaanse skole in die Wes-Kaap ingesluit.

Afgesien van die skool se prestasie in wiskunde die afgelope jaar, het hy ook in vorige jare uitstekende resultate in ingenieursgrafika en – ontwerp sowel as gasvryheidstudies behaal.

Oor hoe die skool oor die prestasie voel het die wiskunde-onderwyser Etienne Olivier die volgende gesê: “Ons is uiters trots op ons leerders. Alle eer aan hulle. Ons erken ook hul harde werk en die ondersteuning van hul families. Ons besef egter dat daar is skole wat ewe hard werk, wat nie op die lys is nie. Ons staar verskillende uitdagings in die gesig en wens hulle die beste toe.”

Om op die goeie werk voort te bou sê Olivier die skool sal sy leerders ondersteun waar moontlik en hulle aanmoedig om hul bes te doen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article