Haar gunsteling sportster is AB de Villiers, wat nie moeilik is om te glo nie, want as jy na haar spel kyk is dit soortgelyk aan die van diƩ krieket legende.
En nes de Villiers is krieket nie die enigste sport waarin Sammy-Joe Klein (18), van Touwsrivier, uitblink nie ā sy kan letterlik enige sport waaraan jy kan dink speel.
Daar is geen twyfel dat Sammy, nes de Villiers, ān blink toekoms in die sport het nie.
Sammy is onlangs weer opgeneem in die Boland o.19 sowel as Boland senior vrouespan. Sy was in 2013, in die ouderdom van 16 jaar, die jongste speler in die Suid-Afrikaanse vrouespan. Maar weens skoolverpligtinge kon sy nie langer op nasionale vlak meeding nie.
āSammy is van kleins af sportief, maak nie saak watter sport dit is nie. Gee vir haar ān bal en sy toor daarmee, maar dis eintlik krieket waarin sy die beste is,ā vertel David Cupido, Sammy se oom.
Volgens Cupido kry Sammy haar sporttalent van haar pa, Johan Klein. Hy vertel dat sy altyd die enigste meisie tussen die seuns was, wat sport betref, maar dat haar groot deurbraak gekom het toe haar laerskool krieket-afrigter, Peter Jaftha, haar talent raakgesien het en haar aangemoedig het.
Sammy het aan die Standard vertel: āEk het nog altyd ān passie vir sport, veral krieket, gehad. Dit is iets wat natuurlik is vir my ā dit maak my gelukkig.ā
Sammy is nes haar held ān bouler, kolwer en paaltjiewagter ā ān allrounder in die ware sin van die woord.
Sammy-Joe is vanjaar ān gr. 12-leerder by De Kruine SekondĆŖr en wil graag eendag ān entrepreneur wees, maar vir eers gaan sy ān oorbruggingsjaar neem en op krieket fokus. āEk wil volgende jaar fokus op my spel om dit te verbeter, en daarna sal ek maar weer die boeke optel,ā voeg sy by.
Sammy sĆŖ verder: āEk is baie dankbaar vir die ondersteuning van my familie en vriende en dat hulle in my glo. Ek weet dis nie altyd maklik nie, maar ek waardeer dit baie.ā


