Daar was groot aksie die afgelope naweek (22 en 23 Maart) op die Mega-ovaalbaan in Worcester toe die 58ste jaarlikse Wynland-ovaalbaan-kampioenskap plaasgevind het.


Die 58ste jaarlikse Wynland-ovaalbaan-kampioenskap is die afgelope naweek op die Mega-ovaalbaan in Worcester afgehandel. Hoewel die weer aanvanklik ’n groot rol in die aktiwiteite gespeel het, was die byeenkoms steeds ’n reusesukses. Die byeenkoms is goed ondersteun deur die deelnemers sowel as toeskouers.

Altesaam 132 deelnemers het Vrydagaand die byeenkoms in rat gekry. Met ’n uitdagende nat baan as gevolg van die weer is heelparty deelnemers onkant betrap en ’n hele paar het groot skade opgedoen nadat hulle met die veiligheidsmuur kennis gemaak het, wat hulle buite aksie vir die Saterdag gelaat het. Tydens Saterdag se renne het Arno Paxton van Weskus-klub sy Mazda Rustler-bakkie skouspelagtig gerol. Hy is ongedeerd, maar die bakkie is ’n wrak.

Na afloop van al die uitdunne en eindrondes was die wenners per klas soos volg:

Mega Carts

1. W83 Johan Huisamen,

2. A42 Liam Rautenbach (Cape Helldrivers),

3. W7 Christo van Dyk.

Junior Hotrods

1. W9 Waldo van Dyk,

2. W317 Alric Daniëls,

3. W156 Janko Oosthuizen.

Stockrods

1. W462 Jandre Visagie,

2. W92 Leané Valentyn,

3. W858 Stefan Smit.

1660-Modifieds

1. W47 Kosie Weyers,

2. W444 Tersius van Tonder,

3. W178 Gawie Hendrickz.

2.1 Modifieds

1. D51 Burger van der Westhuizen, Oudtshoorn,

2. W371 Aldrin Daniëls,

3. R305 Mike Du Toit, Rustenburg.

Hotrods

1. B86 Dawie Lombaard, Bloemfontein,

2. B430 Carlo van Zyl, Bloemfontein,

3. W5 Llewellyn Kotze.

Heavy Metals

1. W83 Gawie Smit,

2. W244 Martin Theron,

3. W77 JJ Olivier.

V8 Lexus

1. W13 Mackie von Düring,

2. G39 Karl Voppichler, George,

3. W555 Ruan van der Walt.

V8 AMS

1. W171 Quentin Muller,

2. W121 Manfred Oehl,

3. SA2 Riaan Jacobs, George.

Midgets

1. W18 Wessel Rabe,

2. W111 Anton Lloyd,

3. W4 Schalk Swart.

V8 Sprints

1. WO4 Kenny Gouws,

2. WO10 Ehrard Visagie,

3. WO16 Daleen Gouws.

4 Cylinder Contact Class

1. W8 Klippie Minnie,

2. W88 Rico Prinsloo,

3. W123 Waldo Jordaan.

Die organiseerders bedank graag al die borge, toeskouers en deelnemers wat die byeenkoms ondersteun het.

Die volgende wedrennaweek is die Boland-kampioenskap op Saterdag 20 April.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article