Vlakkiekrieket in Roodewal kry hierdie naweek ’n reusehupstoot met die besoek van Rosemore Royals van George.
Die besoek is ’n inisiatief van die Roodewal-gemeenskapskrieketkomitee, wat onverpoos werk om dié sportsoort tot sy volle reg te laat kom.
Wedstryde tussen ’n gekombineerde Roodewal/Hexpark-span en Rosemore Royals sal Saterdag en Sondag op Edengarden in Roodewal gespeel word.
Die besoekers van George sal Vrydagaand teen 19:00 in Worcester aankom en die Roodewallers sien baie uit om hulle te ontvang.
Wedstryde begin stiptelik om 12:00 weens beperkte daglig en toeskouers word gevra om vroeg met hul kampstoele op te daag.. Vir enige navrae kan Lehana Hoffman by 072 276 4975 of Japie Visser by 065 013 6508 gebel word.

