Sterk manne en groot masjiene het die afgelope naweek in Worcester kragte gemeet toe ’n kwalifiserende ronde vir die Wes-Kaapse sterkmankompetisie hier gehou is. Die kragtige adonisse het toeskouers na hul asem laat snak toe hulle ’n tientonvragmotor oor ’n sekere afstand getrek het. Vir sommiges was dit ’n groot uitdaging, terwyl ander in die groep deelnemers dit na kinderspeletjies laat lyk het. Hier wys Shane Maree sy staal. Nog foto’s op bl. 23. Foto: Marlene Jordaan


Sò trek ’n sterkman!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article