’n Man wat Sondag in De Doorns betrokke was by ’n rooftog het sommer self na die polisiekantoor toe gehardloop.
Volgens ’n inskrywing op Techvision Security Services (TSS) se Facebook-blad het hulle om 15:30 reageer op ’n.
“Ons het reageer nadat ’n persoon wat ’n verdagte man met ’n sak en drie tuinstoele gesien het ons in kennis gestel het. Die persoon het toe in ’n sloot gespring.”
Een van TSS se reaksie-offisiere het gesien hoe die verdagte die gesteelde items neergooi.
“Die verdagte het begin hardloop en was so gaaf om self tot by die polisiestasie te hardloop waar hy gearresteer is. Alle nodige verklarings is daarna deur die reaksie-offisier en die kliënt aan die polisie gee,” lees die inskrywing op Facebook.
’n De Doorns-polisiewoordvoerder het bevestig een verdagte is Sondag 23 Julie in verband met die diefstal van drie plastiektuinstoele en ’n tuinslang in hegtenis geneem. Hy het Woensdag 25 Julie op ’n klag van diefstal in die hof verskyn.
In nog ’n insident is twee mans Sondag in hegtenis geneem. Hulle is met 80 m koperkabels in hul besit gevind, het die woordvoerder gesê. Hulle het ook Woensdag hul eerste verskyning in die hof gemaak.


