Die Michellspas-halfmarathon vind op 28 Oktober van Victoriapark in Ceres plaas. Hardlopers kan uitsien na die halfmarathon (21,1 km), 10 km en die 5 km-pretdraf.

Dit wedloop vind plaas in die skilderagtige Michellspas met ’n redelik matige roete met die eerste helfte hoofsaaklik afdraande.

Aanlyn inskrywings sluit Vrydag 20 Oktober om middernag.

Inskrywingsgeld is nie terugbetaalbaar nie.

Die wedloopinskrywingsgeld beloop: Halfmarathon: R150-R200; 10 km: R100-R150; 5 km-pretdraf: R30.. Besoek entrytickets.net vir inskrywings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article