Hannon Bothma soek kandidate om deur sy skêr en grimeerkwas omgetower te word.


Hannon Bothma, bekend as die Glam Guru, weet hoe om die beste uit mense te bring. Vir 23 seisoene het hy deur die jare gewys wat die regte haarsnit en grimering aan enige voorkoms kan doen. Hy word nie verniet ’n super-stilis en wonderwerker genoem nie.

Die goeie nuus is dat ’n nuwe seisoen van Glam Guru eersdaags verfilm word, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas omgetower te word.

“As iemand in die spieël kyk en die mooiste weergawe van hulself sien, gee dit hoop en inspirasie vir die toekoms,” sê Hannon. “Om weg te stap van die voorkoms waaraan deelnemers lank vasgehou het, gee ek hulle radikale veranderings deur hul haarstyl, grimering en klere te verander. Selfs hulle eie gesinne is stomgeslaan en moet twee keer kyk om seker te maak dit is dieselfde mens. As jy dus op jou beste wil lyk en voel, is Glam Guru daar vir inspirasie, en jy kan nou een van die gelukkiges wees om in my omtowerstoel te kom sit.”

Wat moet jy doen as jy ’n deelnemer wil wees?

. Stuur e-pos na glamguru@hannon.co.za met jou naam, van, adres en telefoonnommer;

. Heg ’n vollengte- sowel as ’n gesigfoto van jouself of van die persoon wat jy graag wil inskryf, aan. Die foto’s mag nie ouer as ’n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal, met die lengte van die hare duidelik sigbaar;

. Gebruik jou naam en “Glam Guru-inskrywing” in die onderwerpsveld;

. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud met Hannon. Die onderhoud sowel as die opnames sal in Johannesburg plaasvind; en

. Die eerste onderhoude is reeds in Julie. So, spring weg met jou inskrywing.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article