’n Agtienjarige man is Saterdag 11 Maart in Avianpark doodgeskiet.
Die jong man en sy vriende het op die hoek van Vink- en Katlagterstraat in Avianpark gesit toe ’n voertuig omstreeks 08:25 by hulle stilgehou het.
“ ’n Wit voertuig met meer as een insittende het by die groep stilgehou en op die oorledene en sy vriende geskiet. Een van die koeëls het die oorledene getref en hy is op die toneel dood,” het AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, gesê.
Die verdagtes in die voorval is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.


